fbpx

Marita van der Vyver se topvyf

Die skrywer Marita van der Vyver sal by die Toyota US Woordfees oor haar roman Grensgeval (Borderline) gesels in die paneelbespreking A Woman’s War saam met Diana Ferrus en die internasionale skrywer Christy Lefteri (The Beekeeper of Aleppo).

Marita sien uit na:

“Dis reeds by Aardklop as die beste solovertoning bekroon en ek kan nie wag om dit te sien nie.  Ek hoop natuurlik dat almal wat dit bywoon, begeester sal word om weer die boek te lees.”

“Ek probeer altyd minstens één debuut-toneelstuk by die Woordfees sien en hierdie een – weer eens ‘n verwerking van ‘n roman – maak my by voorbaat opgewonde.” 

“Elke keer as ek iets op die Woordfees sien waarby InZync Poetry betrokke is, is ek beïndruk. Daarom wil ek beslis nie hierdie veeltalige poësieproduksie mis nie.”  

“Hierdie bespreking, met onder meer Loftus Marais en Ingrid Winterbach, kan nie juis anders as om slim en vermaaklik te wees nie.” 

“Baie mense sou teen dié tyd reeds die rolprent gesien het, maar dis my eerste kans, en die vraetyd daarna is besonder aanloklik.”

(Foto: Antonia Steyn)

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on email
Email
Share on whatsapp
WhatsApp